SA-partye verwelkom hof se beslissing oor beurtkrag

ActionSA en ander politieke partye en organisasies in Suid-Afrika het die hoërhof in Pretoria se beslissing in hulle guns oor beurtkrag by noodsaaklike dienste verwelkom. Die hof het beveel hospitale, klinieke, skole en polisiekantore moet van beurtkrag vrygestel word. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, is 60 dae gegee om ononderbroke kragtoevoer aan die instellings te verskaf. ActionSA sê die hofbeslissing is ‘n duidelike teken die ANC se hantering van beurtkrag is ongrondwetlik.