SA parlement gereed om nuwe NV saam te stel
Die parlement sê hy is gereed en alle nodige maatreëls is getref om ‘n nuwe Nasionale Vergadering saam te stel. Dit volg nadat die Verkiesingskommissie gisteraand die uitslag van die algemene verkiesing verklaar het. Dit baan die weg vir Suid-Afrika se sewende administrasie, wat die land die volgende vyf jaar sal lei. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê volgens die Grondwet moet die Nasionale Vergadering se eerste sitting plaasvind nie later nie as 14 dae nadat die verkiesingsuitslag verklaar is.