Een Covid-tuissterfte van 94-jarige vrou aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-tuissterfte van ‘n 94-jarige vrou van Rundu aangemeld, asook 179 nuwe gevalle uit 1 827 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 9,8 persent verteenwoordig. In die groep is 13 leerders van verskillende skole, 13 gesondheidswerkers, sewe studente en vier onderwysers. Daar is nou 1 034 aktiewe gevalle, waarvan 39 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Vier van die gehospitaliseerde gevalle is ten volle ingeënt.