SA Ope is Dylan Frittelli se hooffokus

Gholf: Dylan Frittelli sê die SA Ope was nog altyd sy hooffokus. Die toernooi begin môre by die Gary Player-buiteklub by Sun City. Die Ope sluit spelers in soos die verdedigende kampioen, Christiaan Bezuidenhout, die PGA-wenner Garrick Higgo en die voormalige Suid-Afrikaanse Ope-kampioene Brandon Stone, Richard Sterne en James Kingston. Frittelli sê hy onthou toe hy op 16 die eerste keer vir die toernooi gekwalifiseer het.