SA op pad na vlak 2?

Business Leadership South Africa sê ‘n skuif na vlak 2-inperkingsmaatreëls die volgende logiese stap, veral in die lig van die ekonomie wat steeds sukkel om te herstel, en die skokkende rekord-werkloosheidsyfer. Die land is sedert Julie op aangepasde vlak 3-inperkingsmaatreëls. Die organisasie se uitvoerende hoof Busi Mavuso, sê sy verwag syfers gaan in die derde kwartaal ook sleg lyk, veral na die onluste in Julie. Sy voeg by die verslapping van die inperkingsmaatreëls sal dié skade beperk, maar stappe moet nou gedoen word om seker maak die land het ‘n goeie vierde kwartaal.