SA-onluste is geleentheid vir Namibië – Hangala

President Hage Geingob het gesê die huidige situasie in Suid-Afrika is ‘n les vir Namibiërs, want Namibië verkies om afhanklik van Suid-Afrika te wees met basiese items wat plaaslike geproduseer kan wees. Hy het bygevoeg dat sakelui, die jeug en werkloses hierdeur geleenthede moet raaksien en plaaslik moet begin produseer. Kundiges stem saam en sê die onrus in Suid-Afrika is beide ‘n bedreiging en wekroep vir Namibië. Dr Leake Hangala, uitvoerende voorsitter van die Hangala-groep verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.