SA mynwerkers met tuberkulose of silikose sal vergoed word

Die proses het begin om voormalige mynwerkers in die buurland wat tuberkulose of silikose opgedoen het, te vergoed. Die departement van gesondheid begin vandeesweek met sifting, verifiëring, ondersoek en betalings van kwalifiserende voormalige mynwerkers van tussen Maart 1965 en Desember 2019. Volgens die adjunkminister van gesondheid, Sibongiseni Dhlomo begin hierdie landwye program van twee weke in die noordelike dele van KwaZulu-Natal voordat dit na ander provinsies verskuif. Die departement versoek alle voormalige mynwerkers of hul afhanklikes om by hulle naaste indienings-kantoor aan te meld.