SA Moslems gaan weer vanjaar nie aan die Haj in Mekka deelneem nie

Suid-Afrikaanse Moslems sal weer eens nie vanjaar die Haj in Mekka kan bywoon nie. Saoedi-Arabië het nog ‘n beperking op besoekers geplaas vir die jaarlikse pelgrimstog en Moslems van buite die Midde-Oosterse land word dus uitgesluit. Slegs 60-duisend mense sal toegelaat word. Voornemende pelgrims moet registreer en ten volle teen die koronavirus ingeënt wees. Nuusagentskappe berig vyf-duisend Suid-Afrikaners het in 2019 die Haj bygewoon voordat reise na Saoedi-Arabië verbied is weens die Covid-19-pandemie.