SA moontlik binnekort op vlak een

Nuwe Covid-19-data dui op die moontlikheid dat Suid-Afrika binnekort na vlak een-inperking kan skuif. ‘n Senior navorser by die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad in Pretoria, Ridhwaan Suliman, sê nuwe gevalle het met 35 persent afgeneem en minder as 10 persent toetse is positief. Daar is ook ‘n groot afname in die getal mense wat in die hospitaal opgeneem word met ‘n daling van 25 persent sedert verlede Sondag. Volgens Suliman het die weeklikse sterftesyfer met sowat drie-persent gedaal.