SA moet privaatsekerheid oorweeg na onluste

President Cyril Ramaphosa sê uit die onrus van Julie 2021 is geleer Suid-Afrika sal die rol van die private sekerheidsbedryf moet heroorweeg, veral in die lig van ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hy getuig voor die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se nasionale ondersoek oor verlede jaar se onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Ramaphosa sê daar sal gevolgsbestuur wees na die afhandeling van alle ondersoeke wat tans aan die gang is om te kyk na wat verkeerd gedoen is binne wetstoepassings- en intelligensie-agentskappe: