SA minister van maatskaplike ontwikkeling toets positief vir Covid-19

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het positief getoets vir Covid-19. Haar departement het bevestig sy het onmiddellik in self-afsondering gegaan toe sy vanoggend die uitslag gekry het. Zulu sê in ‘n verklaring sy voel goed en skryf dit daaraan toe dat sy ten volle ingeënt is. Haar woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die minister werk van die huis af.