SA minister van justisie sê dit is nie die einde van die pad van grondhervorming

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het sy teleurstelling uitgespreek dat die wysiging aan die Grondwet om onteiening sonder vergoeding toe te laat, nie ‘n tweederde-meerderheid in die Parlement kon haal nie. Altesaam 204 parlementslede het ten gunste van die wysigingswetsontwerp gestem en 145 daarteen, terwyl niemand buite stemming gebly het nie. Om ‘n tweederde-meerderheid te behaal, was 267 stemme nodig. Lamola sê dit is nie die einde van die pad nie.