SA mini-begroting: BBP gaan na vewagting met 5,1% groei

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê die BBP gaan na verwagting vanjaar met 5,1 persent groei. Hy het in sy mini-begroting in die parlement gesê uitset gaan waarskynlik volgende jaar terugkeer na die vlakke wat voor die pandemie ervaar is, wat ‘n jaar vroeër is as wat in Februarie voorsien is. Dit is grootliks te danke aan globale vraag, hoër pryse van kommoditeite en die verligting van die inperkings-regulasies. Godongwanga sê huishoudelike verbruik het verbeter, maar nog nie ten volle herstel van die pandemie nie. Bruto vaste kapitaal-beleggings bly steeds heelwat onder die vlakke van voor die pandemie.