SA mieliepryse styg

Suid-Afrika se mieliepryse is vanjaar hoër as die vorige jaar. Volgens die Suid-Afrikaanse oesskattingskomitee se voorspelling word die hoër vlakke toegeskryf aan ‘n wêreldwye skerp styging in mieliepryse en nie plaaslike tekorte nie. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse landbou-sakekamer, Wandile Sihlobo, sê die mieliepryse is op uitvoer-gelykheidsvlakke terwyl die land sy tweede grootste graanoes op rekord verwag.