SA Menseregtekommissie gaan ondersoekende verhore oor onluste hou

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het aangekondig hy gaan ondersoekende verhore hou oor die Julie-onluste se oorsake en die uitwerking daarvan op menseregte, veral in Gauteng en KwaZulu-Natal. Die kommissie sê in ‘n verklaring die gevolge van die onluste, wat gekenmerk is deur lewensverlies, asook die aanvalle op winkelsentrums, winkels en ander sakeondernemings, het ‘n vernietigende uitwerking op die land se ekonomie gehad en tot grootskaalse werksverliese gelei. Die verhore wat drie weke sal duur, begin op 15 November en duur tot 3 Desember.