SA Menseregte-kommissie ondersoek hospitaal

ActionSA in Mpumalanga het skriftelike bevestiging van die Menseregtekommissie ontvang dat hulle ondersoek sal instel of enige menseregte geskend is by die Shongwe-hospitaal in Mpumalanga. Dit volg nadat ʼn klagte verlede jaar in Oktober by die kommissie ingedien is. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Thoko Mashiane, sê die party het die kommissie versoek om die aangeleentheid dringend te ondersoek.