SA mees ongelyke land ter wêreld

Die buurland se inspekteur-generaal van die Departement van Indiensneming en Arbeid, Aggy Moiloa, sê Suid-Afrika is steeds die land met die mees-ongelyke samelewing ter wêreld. Terwyl Namibië ook uiters groot uitdagings het met ‘n Gini-koëffisiënt van 59,1, is Suid-Afrika s’n 63. Sy sê daar is baie min om oor te spog wat transformasie in die werkplek betref na 24 jaar van demokrasie. Vandat die Wet op Gelyke Indiensneming in 1998 in werking getree het, het die land baie min vordering gemaak op die pad na gelyke indiensneming en transformasie.