Onveranderde dieselprys bring verligting vir landbou

‘n Namibiese landboukundige gee sy reaksie op brandstofpryse vir Februarie wat onveranderd sal bly. Die prys van diesel bly op 20 Namibiese dollar 65 sent per liter en dié van petrol op 18 dollar 28 sent per liter by Walvisbaai waar die brandstof aanland. Landboukenner Wallie Roux gee sy mening oor wat veral die onveranderde dieselprys vir die landbou-sektor kan beteken…