SA Mediese Vereniging verwelkom nuwe gesondheidsminsiter

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die aanstelling verwelkom van Joe Phaahla as nuwe minister van gesondheid en Sibongiseni Dhlomo as sy adjunk. SAMA se voorsitter, Angelique Coetzee, sê Phaahla se ervaring as mediese dokter sal hom toerus vir die enorme taak wat voorlê. Sy verwag dat die twee ministers goed sal saamwerk.