SA Mediese Vereniging: Pasiënte se lewens in gevaar weens beurtkrag

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê weerlose pasiënte in hospitale se lewens is in gevaar weens Eskom se voortslepende beurtkrag – veral mense in intensiewe sorgeenhede en babas in broeikaste. Sama se waarnemende voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, vra die regering om hospitale van beurtkrag kwyt te skeld.