SA media sê nuwe ‘super-variant’ bevestig

Die Suid-Afrikaanse nuuskanaal eNCA berig dat daar ‘n nuwe, super-variant van Covid in Suid-Afrika geïdentifiseer is. Die B.1.1.529 variant, wat blykbaar talle mutasies bevat, is ook in Botswana en Hongkong bevestig. Professor Alex van den Heever, ‘n kenner in gesondheidsekonomie, het aan eNCA gesê daar is nie veel inligting oor die variant en die doeltreffendheid van entstowwe nie…