SA mans vas met dagga ter waarde van R1,4 miljoen

Die bestuurder en ‘n passasier van ‘n minibustaxi gaan in die Laingsburgse landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op aanklagte van dwelmhandel. Volgens die polisiewoordvoerder, Christopher Spies, is die verdagtes vasgetrek ná ‘n jaagtog op die N1. Die polisie het beslag gelê op dagga ter waarde van sowat 1,4 miljoen rand. Spies sê die dwelms was vir Kaapstad bestem.