SA-mans klop Nam-hokkiespan

En nuus oor die Binnenshuise Afrika hokkie-toernooi in Durban… Suid-Afrika het Namibië se manshokkiespan met 6-3 geklop. Die buurland was rustyd met 2-1 voor. Namibië se doele is deur Liam Hermanus 2, en Owen Hatton behaal. In die vroue afdeling het Suid-Afrika Namibië met 1-0 geklop en was rustyd met 1-0 voor. Namibië se doel is deur Sunelle Ludwig aangeteken.