20 000 Unisa-studente onseker

Sowat 20 000 eerstejaarstudente aan Unisa in Suid-Afrika is steeds in onsekerheid gedompel. Dit is reeds ‘n maand sedert die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria die buurland se Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, Blade Nzimande, se besluit om die inname van eerstejaars te verminder, verwerp het. Unisa het 38 000 nuwe studente aanvaar wat 20 000 minder is as wat verwag is. Die instelling bestudeer volgens berigte nog die hofbeslissing en sal ‘n aankondiging doen sodra die proses afgehandel is.