SA-man wat nie wou ent nie, kry sy werk terug

Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, verwelkom die arbitrasie-toekenning ten gunste van sy vakbondverteenwoordiger in die saak teen die Bombela-bedryfsonderneming wat die Gautrein bestuur. Vhahangwele Ravele is onregverdig afgedank omdat hy geweier het om te voldoen aan die verpligte Covid-19 inentingsmandaat wat bestuur ingestel het. Ravele sal heraangestel word met ses maande se volle betaling en kan Dinsdag terugkeer werk toe. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond is dankbaar oor sy amptenare se harde werk om hierdie oorwinning te verseker: