SA-ma verskyn weer vandag in Nieu-Seeland

Die 40-jarige Suid-Afrikaanse dokter, Lauren Dickason, wat aangekla word van die moord op haar drie jong dogters weke nadat die gesin van Suid-Afrika na Nieu-Seeland getrek het, gaan waarskynlik vandag weer in die hof verskyn. Lauren Anne Dickason het reeds verlede maand in die hof in die hawestad Timaru in Nieu-Seeland verskyn. Die regter het opdrag gegee dat sy in ‘n hospitaal opgeneem word sodat haar geestesgesondheid geëvalueer kan word voor haar tweede verskyning. Die liggame van Dickason se tweejarige tweelingdogters en hulle sesjarige sussie is by die familie se huis gevind. Dickason en haar man is albei mediese dokters.