SA-leerders sukkel ook met ‘n skoolbank-plekkie

Terwyl Namibië se skole reeds begin het en talle leerders het nie plek in skole gekry nie, sukkel Suid-Afrika ook. Die DA in Gauteng het ‘n beroep gedoen op die LUR van Onderwys, Panyaza Lesufi, om seker te maak alle leerders is geplaas voordat die skole môre begin. Ouers is onseker waar hulle kinders sal skoolgaan, daarom kan hulle nie skoolklere en skryfbehoeftes koop of vervoer reël nie. Khume Ramulifho van die DA sê die gebrek aan kommunikasie veroorsaak angs en frustrasie by ouers wat betyds aansoek gedoen het, maar steeds nie seker is of hulle kinders plek in ‘n skool het nie: