SA-leerders kan nie lees vir vertolking nie

‘n Onlangse studie in Suid-Afrika toon basiese geletterdheid onder kinders in die buurland het afgeneem. Die verslag het bevind ongeveer 60 persent van kinders het teen die einde van graad een, en 30 persent teen graad 3, nie die meeste letters van die alfabet geleer nie. ‘n Verstommende 82 persent van graad 4 leerders kan nie lees vir vertolking nie. Die 2023 agtergrondverslag vir die 2030 leespaneel het gevind die land gaan agteruit ten opsigte van geletterdheidsvaardighede. Opvoedkundige kenners is bekommerd dat ten spyte van ‘n geletterdheidskrisis, daar geen vordering is met die instel van noodsaaklike ingrypings nie.