SA-landbou presteer goed, hoe lyk dinge plaaslik?

‘n Namibiese landboukenner het sy reaksie gegee op die Nasionale Landbou-bemarkingsraad in die buurland wat aandui daar is beduidende verbeterings in voedselsekerheid nadat die volume en omvang van produksie die afgelope 18 jaar verdubbel het en dat die sektor in drie jaar met 25 persent gegroei het. Maar daar is steeds uitdagings soos bekostigbaarheid en toegang tot voedsel weens swak ekonomiese groei en hoë werkloosheids-koerse in Suid-Afrikaanse huishoudings. Wallie Roux, ‘n plaaslike landboukundige verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat Namibië se uitdagings is.