SA kry Kersgeskenk met geen beurtkrag

Suid-Afrikaners het ‘n groot Kersgeskenk van Eskom gekry met geen beurtkrag vandag op Kersdag nie. Geen beurtkrag sal tot môreoggend om vyf uur op Welwillendheidsdag toegepas word nie. Daarna sal fase 2-beurtkrag tot 27 Desember toegepas word, waarna fase 3 weer ingestel sal word. Volgens Eskom is die opskorting van beurtkrag slegs moontlik danksy laer aanvraag na elektrisiteit oor die feesdae, maar sy opwekking bly onvoorspelbaar en kwesbaar. Indien verskeie opwekkers breek, sal ‘n hoër vlak van beurtkrag moontlik kort vooraf ingestel word.