SA kry elektriese voertuie in 2023

Suid-Afrikaners wat nuwe voertuie koop, sal teen 2023 kan kies uit ongeveer 20 battery-elektriese voertuie. Die direkteur van die uYilo eMobility-program, Hiten Parmar, sê daar is op die oomblik net vier sulke voertuie in die vertoonlokaal. Dit is die BMW i3, Jaguar I-Pace, Mini Cooper SE, en Porsche Taycan. Parmar sê die battery-elektriese voertuig is nou uiteindelik deel van die hoofstroom met die ry-afstand wat tot 400-kilometer verbeter het. Battery-pryse word ook goedkoper.