Ry môre jou motorfiets vir borskanker

‘n Motorfietsrit ten bate van die Kankervereniging van Namibië vind môreoggend om nege-uur in Windhoek plaas. Die roete is vanaf Mandume Ndemufayo-laan via Onafhanklikheidsrylaan terug na Wernhil Park. Mej. Supranasionaal Chani Rabe en die uitvoerende hoof van die Kankervereniging, Rolf Hansen, sal ook deel wees van die verrigtinge. Organiseerder en borskanker-oorlewende, Bianca Engelbrecht doen ‘n beroep op die publiek om die Kankervereniging te ondersteun.