SA Krieket betreur Warne

Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam treur saam oor die dood van die Australiese draaiboul-legende, Shane Warne. Hy is Vrydag in Thailand in die ouderdom van 52 dood, vermoedelik aan ‘n hartaanval. Krieket SA se waarnemende bestuurshoof, Pholetsi Moseki, sê Warne was een van die beste krieketspelers ooit. Dit is nie toevallig dat Warne in 2013, in wat bekend staan as die internasionale krieket Hall of Fame, ingesluit is nie. Die voorsitter van Krieket SA se raad, Lawson Naidoo, sê Warne se afsterwe het ‘n vroeë winter gebring in die harte van sy aanhangers in Suid-Afrika en regoor die wêreld.