SA kommersiële boere soek ook ondersteuning

Suid-Afrikaanse kommersiële boere het versoek dat dieselfde ondersteuningsmaatreëls wat aan nuwe boere gebied word, ook aan hulle verskaf word. Hulle doen ook ‘n beroep dat groei in die kommersiële landbousektor nie as vanselfsprekend aanvaar word nie. Die boere het gereageer op stappe wat Landbouminister Thoko Didiza aangekondig het om ontluikende boere te help. ‘n Groot gedeelte van die begroting van 16,9 miljard Namibiese dollar wat aan die departement toegeken is, word as hulp aan nuwe boere gewy.