SA kiesersrol oorskry die eerste keer 27 miljoen-kerf

Die buurland se Onafhanklike Verkiesingskommissie het sy gereedheid bevestig vir die naweek se kiesersregistrasienaweek. Drie-en-twintig-duisend-303 registrasie-stasies sal oop wees vir burgers om te registreer of hul besonderhede na te gaan. Die kieserslys het 27-miljoen oortref, wat ‘n geskiedkundige mylpaal is. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê die aanlyn registrasieplatform het ‘n sleutelrol gespeel en het byna 200 000 nuwe registrasies aangeteken. Mamabolo is aan die woord.