Mathe weerlê bewerings oor SIM-kaartregistrasie

Die inligting-ministerie maak ten sterkste kapsie teen voortdurende bewerings in ‘n plaaslike dagblad dat “die verpligte SIM-kaartregistrasie ‘n instrument is om massa-toesig uit te voer, ook volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing”. Die ministerie weerlê kategories die bewerings en sê wetstoepassings-agentskappe kan slegs toegang verkry tot SIM-gebruikers se oproepdata na ‘n aangemelde misdaad, en met die uitreiking van ‘n lasbrief deur ‘n regter. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Audrin Mathe, is aan die woord.