SA kan verskerpte inperkingsmaatreëls kry

‘n Voortslepende skerp styging in die daaglikse Covid-gevalle in Suid-Afrika dui dalk daarop dat nuwe inperkingsmaatreëls ‘n werklikheid kan word. Ekonome by die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch sê inkomende data toon egter die meer aansteeklike Omikron-variant het tot dusver gelei tot minder hospitalisasies en sterftes as tydens die vroeë stadiums van die Delta-gedrewe derde golf. Daarom verwag die buro dat enige verskerpte inperkingsmaatreëls hoofsaaklik op die groottes van binnenshuise byeenkomste sal fokus.