Navorser evalueer Nasionale Vergadering

Die Namibiese parlement se woordvoerder, David Nahogandja, sê die Nasionale Vergadering was vir 79 dae in sitting en op al daardie dae is ‘n kworum bereik. Elf wetsotnwerpe is ter tafel gelê, waarvan vier sonder wysigings goedgekeur is, maar hy het bygevoeg dat vier wetsontwerpe verval het. Twee wetsontwerpe is teruggetrek. Rakende internasionale ooreenkomste, is elf ter tafel gelê vir bekragtiging en nege is goedgekeur. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, geen sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.