SA kan nie permanente toelaes bekostig nie

Die presidensiële ekonomiese adviesraad sê hoewel hy die rol van toelaes in armoedeverligiting erken, het Suid-Afrika nie die fiskale kapasiteit vir ‘n nuwe maatskaplike toelaag nie. President Cyril Ramaphosa is gevra om ‘n permanente basiese-inkomste-toelaag in te stel. ‘n Verslag van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het gevind ‘n basiese-inkomste-toelaag is volhoubaar vir die ekonomie. Die adviesraad sê ‘n permanente toelaag sal werkskepping vertraag en lei tot ‘n krisis in openbare finansies wat jare sal neem om op te klaar.