SA kan nie ‘n staking in openbare sektor bekostig nie

Die arbeidsontleder Michael Bagraim sê Suid-Afrika kan nie ‘n staking in die openbare sektor bekostig nie. Die Vereniging van Staatsamptenare het die regering amptelik in kennis gestel dat sy lede oor sewe dae begin staak weens die dooiepunt in salarisonderhandelings. Cosatu is intussen weer terug by sy oorspronklike eis van ‘n verhoging van tien-persent. Die waarnemende minister van Staatsdiens en Administrasie, Thulas Nxesi, het verlede week aangedui hy sal hom beroep op Artikel 5 van die Staatsdienswet om ‘n eensydige verhoging van drie-persent deur te voer. Bagraim sê die regering is in die knyp: