SA kabinetskommeling dalk binne twee weke

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê President Cyril Ramaphosa besin nog oor ‘n moontlike kabinetskommeling na afloop van die party se nasionale konferensie. Die konferensie het in Desember begin en word vandag virtueel voortgesit. Verskeie kabinetsministers is nie verkies om op die ANC se nasionale uitvoerende komitee te dien nie. Die adjunkpresident, David Mabuza is ook nie verkies nie.