SA Justisie departement bewus van arrestasie van Ajay, Anil Gupta

Suid-Afrika se Justisie departement beplan om amptenare in Indië te kontak na die arrestasie van Ajay en Anil Gupta vir beweerde betrokkenheid by die dood van ‘n vooraanstaande bouer in Dehradun. News24 haal die woordvoerder van die departement, Chrispin Phiri, aan wat sê Suid-Afrika het lasbriewe vir die inhegtenisneming van Rajesh en Atul Gupta, maar formele prosesse is nietemin aan die gang deur die Hoë Kommissaris in Indië. Anil en Ajay is aangekeer na ‘n bouer, Satinder Singh Sawhney, hulle genoem het in ‘n selfdoodnota voor hy van ‘n sewe-verdieping woonstelgebou afgespring het. Dit is onwettig in Indië om iemand tot selfdood te dryf.