SA Joodse Raad vra onpartydigheid oor Israel-Palestynse konflik

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes doen ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om onpartydig te wees rakende die situasie in Israel. Volgens die raad het die regering verkies om Israel uitsluitlik te veroordeel, en geensins te reageer op die honderde dodelike vuurpyle wat op Israeliese burgers geskiet is nie. Die nasionale direkteur, Wendy Kahn, sê die raad en die SA Sionistiese Federasie vra verder dat alle politieke partye erkenning gee aan die ingewikkeldheid van die situasie.