Lekker tennis vanmiddag

Tennis: Rafael Nadal het sy plek in vandag se Italiaanse Ope-eindstryd verseker met ‘n 6-4, 6-4 oorwinning teen die Amerikaner, Reilly Opelka. Die 34-jarige Spanjaard sal teen die wêreld se nommer een Novak Djokovic te staan kom, nadat Djokovic die Italianer, Lorenzo Sonego met 6-3, 6-7, 6-2 geklop het. Dit is die 57ste keer wat die twee teen mekaar speel. In die vroue-afdeling sal Iga Swiatek en Karolina Pliskova sake tydens die eindstryd uitspook. Swiatek, van Pole, het nog nie ‘n oorwinning in ‘n tweestryd tussen hulle behaal nie, terwyl Pliskova, van die Tsjeggiese Republiek, haar teenstander al een keer geklop het.