SA is ook nie gereed vir klimaatimpakte nie

Die Suid-Afrikaanse Presidensiële Klimaatskommissie is baie bekommerd oor die land se voorbereidheid vir klimaatsverandering en uiterste weerstoestande. Dit volg nadat groot dele van die land die afgelope week swaar reën en oorstromings ondervind het, insluitend ‘n tornado in KwaZulu-Natal. Crispian Olver van die kommissie sê dringende werk is nodig om die land se veerkragtigheid te verbeter om dié soort weerverskynsels te hanteer.