SA is Brics-voorsitter vir 2023

Suid-Afrika is die Brics-voorsitter vir 2023. Die leiers van die ander vier lidlande, Brasilië, Rusland, Indië en China, sal dus in Augustus na Suid-Afrika kom vir die 15de Brics-vergadering. Anil Sooklal van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, sê in die verlede het Suid-Afrika nie net na die belange van die vyf lidlande gekyk nie, maar ook altyd op die Afrika-vasteland gefokus.