SA is 39ste beste aftree-bestemming ter wêreld

Suid-Afrika is aangewys as een van die 50 beste plekke in die wêreld om af te tree. Die lys is saamgestel deur Big 7 Travel en Enjoy Travel, wat 1,4 miljoen mense in 60 lande ondervra het. Lande is ingedeel volgens lewensgehalte, lewenskoste, gesondheidsorg, gasvryheid, taal en hoe maklik dit is om ʼn visum te bekom. Volgens Enjoy Travel is Suid-Afrika ʼn gewilde bestemming vir uitgeweke afgetredenes weens sy matige klimaat, billike lewenskoste en die grootte van sy bevolking. Suid-Afrika is ook ʼn gunsteling safari-bestemming.