SA Instituut vir Rasseverhoudinge loods veldtog teen dra van maskers

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het ‘n veldtog teen die dra van maskers van stapel gestuur. Dit sluit in ‘n burgerlike versoekskrif, ‘n openbare bewusmakingsveldtog en geregtelike skrywes aan regeringsamptenare om opposisie aan te spoor. Die instituut se woordvoerder, Chris Hattingh sê die regering het erken Suid-Afrika verkeer nie meer in ‘n ramptoestand weens Covid-19 nie, maar verskeie noodmaatreëls kan permanent ingestel word kragtens die Nasionale Gesondheidswet.