SA: Inflasie pootjie toename in salarisse

BankServAfrica se jongste Huis-toe-neem-salaris-aanwyser toon ‘n effense toename in Suid-Afrikaners se gemiddelde nominale salaris ná aftrekkings tot 15 186 Suid-Afrikaanse rand in Februarie. Ekonome het egter gewaarsku hierdie styging is steeds nie voldoende om die uitwerking van stygende verbruikers-inflasie teë te werk nie. Die verbetering is steeds 1,8 persent onder die vlak wat ‘n jaar gelede gemeet is, wat aandui die omgewing is nie bevorderlik vir sake nie. Ten spyte van die verhoging in salarisse, sukkel ondernemings steeds met negatiewe ekonomiese uitwerkings terwyl verbruikers se vlakke van vertroue merkbaar gedaal het. Dit weerspieël kommer oor die land se ekonomiese vooruitsigte.