SA in wêreld top-20 vir georganiseerde misdaad

Die jongste verslag van die Global Organised Crime Index het Suid-Afrika 19de geplaas uit 193 lande ten opsigte van georganiseerde misdaad, maar daar is hoop. ‘n Forensiese ondersoeker en misdaadkenner, Calvin Rafadi, sê ten spyte van die land se posisie in die top-20, het hy die vermoë om die statistiek oor misdaad te verminder. Rafadi het die verslag oor misdaad, insluitend die onwettige handel in wild, gewapende rooftogte, georganiseerde korrupsie en kubermisdaad ontleed en sê vennootskappe is nodig om dit te hanteer: